WISKUNDEKOMPETISIE 2020 – Reëls en Regulasies

Weens die COVID-19 pandemie en vlakke van inperking tans in Suid-Afrika is die kompetise asook kompetisiereëls vir vanjaar aangepas.

1) Enige leerder wat gedurende 2020 in graad 6 of 7 is, kan aan die Wiskundekompetisie vir laerskoolleerders 2020 deelneem. Vir die hoërskoolkompetisie kan enige leerder wat gedurende 2020 in graad 10, 11 of 12 is, deelneem.

2) Deelname is gratis en die vraestelle sal in Afrikaans wees.

3) Leerders in publieke en private skole (in enige provinsie van Suid-Afrika) mag deelneem. Geen tuisskole of wiskundesentrums se leerders kan vir die kompetisie inskryf nie.

4) Daar sal twee vraestelle wees: een vir laerskoolleerders en een vir hoërskoolleerders.

5) Die kompetisie bestaan uit twee rondes: uitdunronde en ʼn finale ronde. Beide die rondes sal tuis afgelê kan word.

6) Leerders en/of wiskunde-onderwysers moet deelnemers voor/op 20 Mei 2020 (vir die laerskoolkompetisie) en voor/op 27 Mei 2020 (vir die hoërskoolkompetisie) aanlyn registreer. Volg die onderstaande registrasieprosedure:

6.1) Registreer by www.cumlaudemedia.com*. (Vir die laerskoolkompetisie klik op die laerskoolinskrywingsblokkie. Vir die hoërskoolkompetisie klik op die hoërskoolinskrywingsblokkie.)

6.2) Die registrasieproses vir die laerskool sluit 20 Mei om 17:00. Vir die hoërskoolleerders sluit registrasies op 27 Mei om 17:00

6.3) Deelnemers kan self registreer of onderwysers kan deelnemers registreer.

6.4) Indien die registrasie suksesvol was, sal elke leerder ‘n bevestigende e-pos met inligting oor die wiskundekompetisie ontvang.

6.5) Onderwysers sal voor die uitdunronde ‘n e-pos ontvang van Deelnemers wat geregistreer het.

6.6) Die uitdunrondes vind plaas op 22 Mei (laerskool) om 14:00 en op 29 Mei (hoërskool) om 14:30. Die skakel na die vraestel sal dan aktief wees. Deelnemers klik dan op die skakel (wat vroeër per e-pos aan hulle gestuur is) om die toets af te lê.

6.7) Deelnemers wat suksesvol geregistreer is, sal toegang hê tot ’n oefenronde wat uit 10 vrae bestaan, om seker te maak hulle verstaan die stelsel en sodat enige aanlynprobleem vooraf uitgesorteer kan word.

7) Deelnemers beantwoord 20 vrae. Hulle kry 60 minute om die vrae te beantwoord. Ons vra dat deelnemers die kompetsisie onder eksamentoestande moet voltooi.

8) Deelnemers moet verseker dat hulle betroubare toegang tot die internet het, asook ‘n betroubare rekenaar, tablet of selfoon waarop hulle die vraestelle kan aflê.

9) Die uitdunrondes sal op 22 Mei 2020 (laerskoolleerders) en 29 Mei 2020 (hoërskoolleerders) aanlyn afgelê kan word.

9) Ouers/Voogde moet verseker dat die uitdunronde onder behoorlike toesig (eksamentoestande) afgelê word. Geen sakrekenaars of aanlynrekenaars mag gebruik word nie. Slegs ʼn potlood en skoon papier (om berekeninge op te doen) is toelaatbaar.

10) Dit is deelnemers se verantwoordelikheid om seker te maak die skool hul “firewalls” en sekuriteitstelsels blokkeer nie die webwerf nie. Deelnemers moet ook Chrome of Firefox as bedryfstelsel gebruik vir optimale funksionering van die webwerf.

11) Deelnemers kan die uitdunronde ook op tablette of selfone aflê.

12) Die vraestel vir die uitdunronde bestaan uit 20 vrae. Deelnemers het 60 minute om die vraestel te voltooi.

13) Deelnermers se individuele tye wat dit neem om die vraestel te voltooi, sal ook in ag geneem word. Verkeerde antwoorde sal negatief gemerk word. Indien daar meer as een leerder is wat tydens die uitdunronde/finale ronde 100% behaal het, sal die vinnigste tyd die volgende oorwegende faktor wees by die bepaling van die finaliste/wenner.

14) Weens verfikasie van punte sal geen punte na die uitdunronde bekendgemaak word nie.

15) Sestig finaliste per laer- en hoërskoolkompetisie, sal uitgenooi word na die finale ronde. Finaliste word vir die finale ingedeel volgens die keuse wat uitgeoefen word tydens registrasie. Maak asb. seker al die inligting is korrek aangesien dit moeilik is om Deelnemers te skuif.

16) Die finale ronde vir Laerskoolleerders vind op Vrydag 24 Julie plaas en vir Hoërskoolleerders op Vrydag 31 Julie. Besonderhede oor die finale ronde sal met die finaliste gekommunikeer word. 

17) Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

18) Geen individuele terugvoer sal aan deelnemers gegee word nie. Algemene terugvoer kan wel aan die deelnemende skool gestuur word.

19) Die organiseerders behou hulle die reg voor om nie al die pryse toe te ken nie en hulle beslissing is finaal.

20) Media24/Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24/Cum Laude Media behou hom die reg voor om foto’s van die finaliste te publiseer (gedruk of aanlyn). Dit kan ook in toekomstige bemarkingsmateriaal gebruik word. Deelnemers/finaliste sal nie vergoeding daarvoor ontvang nie.

21) Prysgeld (Nasionale wenners):

Laerskool:

*1ste plek: R15 000 (leerder) & R15 000 (skool)

*2de plek: R10 000 (leerder) & R10 000 (skool)

*3de plek: R5 000 (leerder) & R5 000 (skool)

Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word.

 

Hoërskool

*1ste plek: R20 000 (leerder) & R20 000(skool)

*2de plek: R15 000 (leerder) & R15 000 (skool)

*3de plek: R10 000 (leerder) & R10 000 (skool)

Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word.

 

22) Prysgeld (Provinsiale wenners):

Laerskool:

Die wenner van die laerskoolkompetisie ontvang R3 000. Tweede plek: R2 000 en derde plek: R1 000. Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word. Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners, sal die leerder slegs die nasionale prysgeld ontvang

Hoërskool:

Die wenner van die hoërskoolkompetisie ontvang R5 000. Tweede plek: R3 000 en derde plek: R2 000. Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word. Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners, sal die leerder slegs die nasionale prysgeld ontvang.

23) Deelnemers wat hul aan oneerlike praktyk skuldig maak, se inskrywings sal outomaties gediskwalifiseer word. Individue sal voor die kompetisie aanlyn moet verklaar dat hul die vraestel op hulle eie (sonder enige hulp van medeleerders, ouers, onderwysers of enige iemand anders) voltooi het. Dit moet die leerder se EIE werk wees.

24) Geen personeellid van Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24/Cum Laude Media of van KnowBrainer Academy se gesinslede mag aan die kompetisie deelneem nie.

25) Die finaliste/wenners sal ook in Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24 & Cum Laude Media aangekondig word.

26) Die wenners moet bereid wees om in die openbaar en in media te verskyn teen geen vergoeding nie.

27) Die organiseerders onderneem om die prysgeld binne ’n redelike tyd aan die wenners te betaal.

28) Die organiseerders behou die reg voor om veranderinge aan die reëls en regulasies te maak. Deelnemers en/of skole sal van enige veranderinge ingelig word.

 

*BELANGRIKE DATUMS:

20 Mei Alle laerskoolleerders wat wil deelneem moet geregistreer wees.

22 Mei Die laerskool-uitdunronde vind plaas om 14:00 onder eksamentoestande by die huis. Die uur begin sodra die leerder inteken op die skakel wat in die e-pos aangestuur is.

15 Mei Alle hoërskoolleerders wat wil deelneem moet geregistreer wees.

27 Mei Die hoërskool-uitdunronde vind plaas om 14:30 onder eksamentoestande by die huis. Die uur begin sodra die leerder inteken op die skakel wat in die e-pos aangestuur is.

24 Julie Finale ronde vir Laerskoolleerders vind plaas

31 Julie Finale ronde vir Hoërskoolleerders vind plaas

 

 *Weens die noodtoestand in Suid-Afrika as gevolg van die COVID-19 pandemie, kan datums en reëlings verander. Deelnemers/finaliste sal van veranderinge ingelig word.

Vir meer inligting besoek www.cumlaudemedia.com, die facebook-blad www.facebook.com/CumLaudeMedia/ of e-pos wiskunde@cumlaudemedia.com

 

 

25 thoughts on “WISKUNDEKOMPETISIE 2020 – Reëls en Regulasies

  1. Stuur asb. elektroniese weergawe. Om dit van selfoon na rekenaar te stuur, wil die “link” nie oopmaak, agv. “malware detected.”

  2. Op die reëls se dit dat die uitdunne vir laerskole is 22 Mei, maar op die epos is dit 8 Mei. Kan ek dalk bevestiging kry van die korrekte datum. Baie dankie

    1. Hallo AD
      Weens die huidige staat van inperking en COVID-19-pandemie, het ons datums verander. Ons kan ook weer datums aanpas, maar sal almal daarvan inlig.
      Tans sal die laerskool ronde 22 Mei plaasvind.

  3. Moet leerders die eeste ronde om 14:00 begin voltooi of kan hulle met hulle eie tyd en gemak begin?

      1. Hoe lank sal die skakel oopbly is wat Shana bedoel. Moet hulle 1400 begin of kan dit later.

        1. Die kompetisie sal tot 17:00 aktief wees.
          Die toegelate 60 min begin sodra sy aangemeld het.

  4. Leerders van Curro Windhoek Gimnasium wil graag registreer. hulle kan egter nie a.g. v. die laaste 2 vrae oor die streek wat nie daar in die dropdown voorkom nie.

    Ons sien wel dat ‘n ander skool in Windhoek deelneem. help asb. met die laaste vrae oor die streke asb.

        1. Goeie middag
          Ek is verbonde aan Windhoek Gymnasium Curro Privaatskool in Windhoek. Maryke Lamprechts van Curro Hoofkantoor (Wiskunde) het vir ons die kompetisie inligting gestuur en sy het ook reeds in hierdie verband met julle in verbinding getree.
          Nou wil van die kinders baie graag deelneem, maar die provinsie op die inskrywingsvorm is ‘n “verpligte veld”.
          Ek sien dat WAP (skool in Windhoek) ook deelneem. Sal dit moontlik wees vir ons skool om ook deel te neem? Hoe gaan ons te werk en watter inligting moet ek vir die ouers en leerders verskaf.
          Groete
          Loftie

    1. Leerders (wat is staat-en privateskole is) en wat ekstra klasse by Wiskundesentrums ontvang, mag deelneem.

  5. Hi! Ons kannie die blad oomaak agv sekuriteit/anti virus op albei browsers vanaf laptop maar wel van die foon. Enige raad? Wil graag inskrywings finaliseer.

  6. Ons sukkel om die 10 oetenvrae te bereik. Die sisteem sê die heeltyd ons gebruik d verkeerde wagwoord en eposadres. Ek het al Maandag ‘n epos gestuur vir hulp. Ek kan ook nie aansoek doen om d wagwoord te verander nie. Sisteem los ‘n onvanpaste antwoord.

  7. Hi daar ons het vandag 20 Mei na 17:00 eers gehoor van kompetisie by skool, maar het steeds registrasie gedoen, sal jul steeds asb leerling Christopher Steenkamp kan aanvaar vir kompetisie. Sal baie waardeer.
    Groete

    1. Weens die verifikasiedoeleindes wat vir vanjaar se kompetisie ingebou is, is geen punte aan die einde van die vraestel bekend gemaak nie. (Soos per reëls en regulasies)

      Deelnemers sal binne twee weke na afloop van die uitdunronde ʼn e-pos ontvang met hul individuele punte.

  8. Hi. Wanneer en op watter manier kan laerskool leerders hulle punte sien van die 2020 vraestel?
    Hoor graag van julle

    1. Weens die verifikasiedoeleindes wat vir vanjaar se kompetisie ingebou is, is geen punte aan die einde van die vraestel bekend gemaak nie. (Soos per reëls en regulasies)

      Deelnemers sal binne twee weke na afloop van die uitdunronde ʼn e-pos ontvang met hul individuele punte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *