Reëls & regulasies vir Blitsbrein 2021

1) Enige leerder wat gedurende 2021 in graad 8, 9, 10 of 11 is, kan aan die Algemene Kenniskompetisie (BlitsbreinJunior) vir 2021 deelneem.

2) Registrasie en deelname is gratis en die vraestelle sal in Afrikaans wees.

3) Enige leerder (publiekLeerders in publieke en private skole (in enige provinsie van Suid-Afrika) mag deelneem.

4) Daar sal twee vraestelle/kompetisies wees: een vir graad 8 & 9-leerders en een vir graad 10 & 11-leerders.

5) Die kompetisie bestaan uit twee rondes: uitdunronde en finale ronde wat aanlyn afgelê sal word. Sien punt no. 14.

6) Skole, onderwysers en/of leerders moet voor/op 28 Julie 2021 aanlyn registreer. Volg die onderstaande registrasieprosedure:

6.1) Registreer by www.cumlaudemedia.com*. (Klik op die toepaslike skakel om leerders vir die gr. 8 & 9-kompetsie OF vir die gr.10 & 11-kompetisie in te skryf)

6.2) Die registrasieproses sluit Woensdag 28 Julie 2021 (om 17:00).

6.3) Leerders kan self registreer of onderwysers kan leerders registreer. Maak die korrekte keuse by inskrywing. (E-pos-adresse kan slegs een maal geregistreer word – onderwysers wat hul leerders registreer, moet asb. vir elke leerder ‘n unieke e-pos-adres gebruik).

6.4) Deelnemers moet aandui onder watter van die drie provinsies hul skool val. Die organiseerders behou egter die reg voor om leerders, volgens die skool se ligging, vir die finaal in te deel.

6.5) Indien die registrasie suksesvol was, sal elke leerder binne ‘n uur ‘n bevestigende e-pos met inligting oor die kompetisie ontvang. Belangrik: kyk ook in die “junk/spam” lêer van die e-posrekening.

6.6) Leerders wat suksesvol geregistreer het, sal die oefenronde kan aflê. Besonderhede rondom die oefenronde sal in die bevestigende e-pos ingesluit wees.

6.7) Die uitdunronde vind plaas op Vrydag 30 Julie. Die skakel na die vraestel sal vanaf 14:00 tot 17:00 aktief wees (op ‘n rekenaar, selfoon of tablet). Leerders moet klik op die skakel (wat vroeër per e-pos aan hulle gestuur is) om die vraestel af te lê. Let wel dat die vraestel stiptelik om 17:00 sal sluit.

6.8) Leerders moet soveel moontlik vrae (maksimum 100 vrae) in die toegelate 20 minute beantwoord. Ouers/Voogde moet asb toesig hou. Eksamentoestande geld.

7) Die uitdunronde moet onder behoorlike toesig (eksamentoestande) afgelê word. Geen sakrekenaars of soekenjins van rekenaars mag gebruik word nie.

8) Dit is deelnemers se verantwoordelikheid om seker te maak die toestel waarop hy/sy die vraestel aflê se “firewalls” en sekuriteitstelsels nie die webwerf blokkeer nie. Die webwerf funksioneer optimaal met Chrome of Firefox (bedryfstelsel).

9) Die vraestel vir die uitdunronde bestaan uit 100 vrae wat lukraak verander word (randomise).  Leerders het 20 minute om soveel moontlik vrae korrek te beantwoord.

10) Leerders se individuele tye wat dit neem om die vraestel te voltooi, sal ook in ag geneem word. Verkeerde antwoorde sal negatief gemerk word. Indien daar meer as een leerder is wat tydens die uitdunronde/finale ronde 100% behaal het, sal die vinnigste tyd die volgende oorwegende faktor wees by die bepaling van die finaliste/wenner.

Die puntetoekenning is as volg:

  • 5 punte vir elke korrekte antwoord
  • -2 punte vir verkeerde antwoorde
  • 0 punte vir vrae wat nie beantwoord is nie.

11) Dertig finaliste (per kompetisie), sal na die finale ronde deurdring. Finaliste moet op Saterdag 28 Augustus beskikbaar wees om die finaal af te lê.

12) Elke finalis wat die finale ronde aflê, ontvang ʼn sertifikaat van deelname.

13) Die finale sal op Saterdag 28 Augustus aanlyn plaasvind. Die finaliste word ingedeel per provinsie volgens die keuse wat die leerders tydens die registrasieproses uitgeoefen het. BELANGRIK: Die organiseerders behou egter steeds die reg voor om leerders, volgens die skool se ligging, vir die finaal in te deel.  (Reëlings rondom die finaal sal vroegtyding aan finaliste gekommunikeer word.)

14) Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

15) Geen individuele terugvoer sal aan deelnemers gegee word nie. Algemene terugvoer kan moontlik aan die deelnemende skool gestuur word.

16) Deelnemers sal twee weke na die betrokke ronde hul punte per e-pos ontvang.

17) Die organiseerders behou hulle die reg voor om nie al die pryse toe te ken nie en hulle beslissing is finaal.

18) Media24/Netwerk24/Cum Laude Media behou hom die reg voor om foto’s van die finaliste te publiseer (gedruk of aanlyn). Dit kan ook in toekomstige bemarkingsmateriaal gebruik word. Deelnemers/finaliste sal nie vergoeding daarvoor ontvang nie.

19) Prysgeld (Nasionale wenners):

Graad 8 & 9

  • 1ste plek:R10 000 (leerder) & R10 000 (skool)
  • 2de plek: R7 500 (leerder) & R7 500 (skool)
  • 3de plek: R5 000 (leerder) & R5 000 (skool)

Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word.

 Graad 10 & 11

  • 1ste plek:R10 000 (leerder) & R10 000 (skool)
  • 2de plek: R7 500 (leerder) & R7 500 (skool)
  • 3de plek: R5 000 (leerder) & R5 000 (skool)

Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word.

20) Prysgeld (Provinsiale wenners):

Graad 8 & 9

Die wenner van die graad 8 & 9-kompetisie ontvang R5 000. Tweede plek: R3 000 en derde plek: R2 000. Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word. Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners, sal die leerder slegs die nasionale prysgeld ontvang

Graad 10 & 11

Die wenner van die hoërskoolkompetisie ontvang R5 000. Tweede plek: R3 000 en derde plek: R2 000. Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word. Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners, sal die leerder slegs die nasionale prysgeld ontvang.

21) Skole/Leerders wat hul aan oneerlike praktyk skuldig maak, se inskrywings sal outomaties gediskwalifiseer word. Individue sal aanlyn moet verklaar dat hul die vraestel op hulle eie (sonder enige hulp van medeleerders, ouers, onderwysers of enige iemand anders) voltooi het. Dit moet die leerder se EIE werk wees.

22) Geen personeellid van Media24/Netwerk24/Cum Laude Media of van KnowBrainer Academy se gesinslede mag aan die kompetisie deelneem nie.

23) Die finaliste/wenners sal ook op Netwerk24 en in Die Burger/Beeld/Volksblad aangekondig word.

24) Die wenners moet bereid wees om in die openbaar en in media te verskyn teen geen vergoeding nie.

25) Die organiseerders onderneem om die pryse binne ’n redelike tyd aan die wenners te versprei.

26) Leerders mag slegs een keer die kompetisie voltooi.

27) Die reëlings en formaat van die finale ronde sal direk aan finaliste gekommunikeer word.

 BELANGRIKE DATUMS:

  • 28 Julie: Alle leerders wat wil deelneem moet teen 17:00 geregistreer wees.
  • 30 Julie: Die uitdunrondeword aanlyn tuis afgelê. Leerders kan tussen 14:00 en 17:00 onder eksamentoestande by die huis skryf. Die toegelate 20 minute per leerder begin sodra die leerder inteken op die skakel wat in die e-pos aan hom/haar gestuur is. Die afsnytyd is stiptelik 17:00.
  • 28 Augustus: Finale ronde vind plaas. Finaliste sal vroegtydig van die nodige inligting verwittig word.

28) Die organiseerders behou die reg voor om aanpassings aan die reëls en regulasies te maak. Veranderinge sal aan die deelnemers en/of skole gekommunikeer word.

Al die nuutste nuus en inligting sal op Cum Laude Media se Facebook-bladsy www.facebook.com/CumLaudeMedia/ en webblad www.cumlaudemedia.com gekommunikeer word. Stuur gerus direkte kommunikasie rondom die kompetisie na: blitsbrein@cumlaudemedia.com

*Sekere antivirus programme kan die webwerf blokkeer. Skakel asb. die antivirus program tydelik af en gaan voeg die webadres by die lys van betroubare webwerwe (trusted sites). Skakel die antivirus daarna weer aan.

One thought on “Reëls & regulasies vir Blitsbrein 2021

  1. Uitstekende program. Kan Pietie Beyers ook bietjie ontspan soos hy vir die leerders sê, en ophou om sy hande so vas te klem. Hy self is blitsvinnig, maar daai hande is irriterend.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *