Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad bied vanjaar die eerste van sy soort digitale kunstefeeste aan. Hierdie kunstefees gee die geleentheid aan skole of in 2 kategorieë deel te neem – koorsang en toneelspel.
NEEM KENNIS:
- INSKRYWINGS moet Cum Laude Media teen 26 September (17:00) bereik.
- Laai die INSKRYWINGSVORM hier af (klik op die skakel)
- Klik hier vir die BEPALINGS EN VOORWAARDES (klik op die skakel)
- Die VRYWARINGSVORM VIR 2022 (klik op die skakel) moet ook saam met die inskrywing ingestuur word.
- Enige vrae? E-pos ons by witwarm@cumlaudemedia.com
- Hou jou dagboek oop op 14 Oktober 2022 vir ons prysuitdelings.
Dit Witwarm-kunstefees is die eerste skolekunstefees in Afrikaans wat fokus op kreatiewe toneelspel en op koorsang. Daar is R150 000 se prysgeld op die spel!
Hoe werk die kompetisie?
Hoër- en laerskole word genooi om ’n kort video, opgeneem met ’n slimfoon, van maksimum 8 minute (sonder enige redigering) in te skryf in een van ons twee kategorieë – die toneel- en die koorafdeling. Ná afloop van die kompetisie se sluitingsdatum op 26 September sal die topagt-skole in albei kategorieë se video’s op Netwerk24.com beskikbaar wees. Die skool wie se video van 1 tot 9 Oktober die meeste gekyk word en wat die meeste kommentaar ontvang, staan ’n beter kans om te wen. Beoordelaars sal met die hulp van die top-video-interaksies (kommentaar en kykgetalle) op Netwerk24 uiteindelik besluit wie ons wenners van die Witwarm-kunstefees sal wees.
Prysgeld
Toneelafdeling: R50 000 vir die wenskool en R25 000 vir die naaswenner
Koorafdeling: R50 000 vir die wenskool en R25 000 vir die naaswenner
Meer oor die afdelings
*Toneelafdeling:
In hierdie afdeling verwag ons ’n toneelskets van minder as 8 minute in videoformaat (mp.4 of mov) sonder enige videoredigering. Dit kan ’n nuutgeskepte skets of ’n uitreksel uit ’n toneelstuk wees. Dit kan ook enige plek opgeneem word – by die skool, huis, see of in die Bosveld. Daar moet streng by die vasgestelde 8 minute gehou word, geen redigering word toegelaat nie en die klank en beeld moet duidelik wees.
*Koorafdeling:
Soortgelyk aan die toneelafdeling word die a cappella-koorstuk/sangstuk/musiekstuk tot 8 minute beperk. Dit moet met ’n slimfoon opgeneem word en daar mag geen redigering wees nie. Die werk moet deur twee of meer leerlinge uitgevoer word en kan in enige milieu wees. Die klank moet duidelik en hoorbaar wees. Dit kan ’n nuutgeskepte musiekstuk of ’n bekende liedjie/koorstuk wees.
Hoekom geen redigering?
Witwarm-inhoud (of “viral” inhoud) is wanneer iets in sy mees outentieke formaat opgelaai word. Netwerk24 wil outentieke spel en sang aanmoedig om skole se volle talent en potensiaal ten toon te stel. Die video moet met ’n slimfoon verfilm word om dit kostedoeltreffend vir die skool te maak – maar ook om alle skole ’n gelyke kans te gee met die inhoud wat hulle skep.
Skryf nou in!