Help charity to raise funds

Die Burger is net so rapsie langer as ’n maand besig met die jaarlikse insamelingspoging vir Die Burger Kersfonds. Op die stadium vorder ons stadig, maar gelukkig weet ons dat daar baie mense is wat ongelooflik opgewonde is om betrokke te raak by Die Burger Kersfonds en so hul deel te doen.

Ons hoor van skole se idees om hulle leerders aan te moedig om geld by te dra en individue wat bereid is om die ekstra myl ten bate van die kersfonds te loop.

Die Burger strandhuis in Muizenberg word hoofsaaklik in stand gehou met die fondse wat jaarliks deur Die Burger Kersfonds ingesamel word. Die klem word juis geplaas om skoolgroepe te identifiseer wat vanuit plattelandse gebiede en groepe vanuit minderbevoorregte gemeenskappe kom aangesien baie van die kinders nooit op hulle eie ooit die geleentheid sal hê om die Kaap te sien en te beleef nie.

Die skoolgroepe wat in die strandhuis bly, het ’n besige program. Dit is beslis nie ’n skoene uitskop en ontspan vakansie langs die see nie. ’n Tipiese week by die strandhuis verloop min of meer so. Daar word onder andere besoek afgelê by die Kasteel, Kunstekaap, Tafelberg, die Hartmuseum by Grootte Schuur hospitaal en die Slawelosie Museum. Dit is darem nie net heeltyd opvoedkundige uitstappies nie. Die skoolgroepe gaan ook op ’n boot-en treinrit en besoek Monkey Town buite Somerset-Wes.

Hierdie ervaring is mos iets wat mens graag enigiemand sal wil bied. Daarvoor het ons jou hulp nodig!

Op watter ander maniere kan jy bydra?

*SMS. Stuur ’n SMS wat begin met die woord “Kersfonds” na 42229 saam met jou naam en van. So skenk outomaties R30 aan die kersfonds. Jy mag meer as een keer sms.

*Direkte inbetaling. Maak ’n direkte bank of internet inbetaling in Die Burger Kersfonds se Absa bankrekening (rekeningnommer 360 220 230, takkode 312109).

*Tjek. Stuur ’n gekruisde tjek na Die Burger Kersfonds, Posbus 3922, Kaapstad 8000.

*Bevestig asseblief jou inbetaling deur jou naam en kontaknommer na 0214062577 te faks, stuur ’n

e-pos na rikus@cumlaudemedia.com of bel vir Rikus van Rooy by 079 550 6339

Alle skenkings sal in Die Burger erken word (Cum Laude Media CC is appointed as the coordinator for the fund)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *