WITWARM-KUNSTEFEES: Is jou skool die beste in toneelspel of koorsang? Skryf dan nou in!

Netwerk24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad bied vanjaar die eerste van sy soort digitale kunstefeeste aan. Hierdie kunstefees gee die geleentheid aan skole of in 2 kategorieë deel te neem – koorsang en toneelspel.

NEEM KENNIS:

Dit Witwarm-kunstefees is die eerste skolekunstefees in Afrikaans wat fokus op kreatiewe toneelspel en koorsang. Prysgeld van R150 000 se op die spel!

Hoe werk die kompetisie? 

Hoër- en laerskole word genooi om ’n kort video, opgeneem met ’n slimfoon, van ’n maksimum van vyf minute (sonder enige spesiale effekte redigering) in te skryf in een van ons twee kategorieë – die toneel- en die koorafdeling. Ná afloop van die kompetisie se sluitingsdatum op 26 September, sal die topagt-skole in albei kategorieë se video’s op Netwerk24.com beskikbaar wees. 

Die skool wie se video van 2 tot 9 Oktober die meeste gekyk word en wat die meeste kommentaar ontvang, staan ’n beter kans om te wen. Beoordelaars sal met die hulp van die topvideo-interaksies (kommentaar en kykgetalle) op Netwerk24 uiteindelik besluit wie die wenners van die Witwarm-kunstefees sal wees.

Prysgeld 

Toneelafdeling: R50 000 vir die wenskool en R25 000 vir die naaswenner 

Koorafdeling: R50 000 vir die wenskool en R25 000 vir die naaswenner

 

Meer oor die afdelings 

Witwarm – toneelafdeling

In hierdie afdeling verwag ons ’n toneelskets van minder as vyf minute in videoformaat (mp.4 of mov) sonder enige spesiale effekte videoredigering. Dit kan ’n nuutgeskepte skets of ’n uitreksel uit ’n toneelstuk wees. Dit kan ook enige plek opgeneem word – by die skool, huis, see of in die Bosveld. Daar moet streng by die vasgestelde vyf minute gehou word, geen spesiale effekte redigering word toegelaat nie en die klank en beeld moet duidelik wees.

Witwarm – koorafdeling:

Soortgelyk aan die toneelafdeling word die a cappella-koor-/sang-/musiekstuk tot vyf minute beperk. Dit moet met ’n slimfoon opgeneem word. Die werk moet deur twee of meer leerlinge uitgevoer word en kan in enige milieu wees. Die klank moet duidelik en hoorbaar wees. Dit kan ’n nuutgeskepte musiekstuk, ’n medley van liedjies of ’n bekende liedjie/koorstuk wees.

Hoekom geen redigering? 

Witwarm-inhoud (of “viral” inhoud) is wanneer iets in sy mees outentieke formaat opgelaai word. Netwerk24 wil outentieke spel en sang aanmoedig om skole se volle talent en potensiaal ten toon te stel. Die video moet met ’n slimfoon verfilm word om tyd te bespaar en dit kostedoeltreffend vir die skool te maak – maar ook om alle skole ’n gelyke kans te gee met die inhoud wat hulle skep.

Kry jou kreatiewe sappe aan die gang en skryf nou in! 

15 thoughts on “WITWARM-KUNSTEFEES: Is jou skool die beste in toneelspel of koorsang? Skryf dan nou in!

  1. Goeie dag. Moet die koorsang onbegeleid (a capella) voorgedra word of kan dit begeleid voorgedra word???

  2. Goeie dag
    Ons is `n klein skooltjie in die hartjie van die Moot, Laerskool Totiusdal. Ons het `n oulike Junior Spreekkoor. Mag ons inskryf? Daar is ongeveer 30 in die Spreekkoor.
    Die blootstelling sal goed wees vir die leerders.

    Laat weet my gerus by stefniegernandt@gmail.com Ek kan telefoonoproepe eers na 2 uur ontvang a.g.v. klasonderrig. Ek sal dan `n opname maak en aanstuur. Verduidelik net hoe ek dit kan oplaai en hoe ek dit moet stuur. BAIE dankie vir geleenthede soos hierdie.

    Groete Stephanie van der Westhuizen Graad 2 onderwyseres Laerskool Totiusdal

  3. Hi, Carla hier.

    ons het eergister ons video deurgestuur maar na al die storms en vloede wil ons net seker maak dat julle die Wetransfer skakel ontvang het tesame met ons inskrywing wat op 15 Sept deurgestuur is? Baie dankie. ons sien uit om van julle te hoor. Groete !

    1. Hallo Carla
      Ons is nog besig om deur die inskrywings te werk. Ons laat weet indien ons dit nie gekry het nie

      1. Die video’s is ongelukkig nog alles gelaai nie. Ons sal laat weet sodra alles gereed is en op watter skakel na die video’s gekyk kan word.
        Dankie vir die geduld.

    1. Hallo Liza-Maré
      Ons sal dadelik die inligting deurgee sodra ons dit vanaf Netwerk24 ontvang.
      Dankie vir die geduld

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *