Reëls & Regulasies vir Wiskundekompetisie 2025

REËLS EN REGULASIES: WISKUNDEKOMPETISIE 2025

1) Enige leerder wat gedurende 2025 in graad 6 of 7 is, kan aan die Wiskundekompetisie vir laerskoolleerders 2025 deelneem.

2) Vir die hoërskoolkompetisie kan enige leerder wat gedurende 2025 in graad 8, 9, 10, 11 of 12 is, deelneem.

3) Deelname is gratis.

4) Die vraestelle sal slegs in Afrikaans wees en word aanlyn (tuis of by die skool) afgelê.

5) Slegs leerders in publieke en private skole (in enige provinsie van Suid-Afrika) kan vir die prysgeld kwalifiseer. Tuisskole of wiskundesentrums se leerders kan vir die kompetisie inskryf, maar sal nie vir prysgeld kan kwalifiseer nie.

6) Daar sal vier kompetisies wees en vir elke kompetisie verskillende vraestelle:  een vir laerskoolleerders (gr 6 & 7), een vir graad 8 & 9’s, een vir graad 10’s asook een graad 11 & 12’s.

7) Die kompetisie bestaan uit een ronde wat aanlyn (tuis) afgelê word.

8) Leerders en/of wiskunde-onderwysers moet deelnemers voor/op Woensdag 23 Julie 2025 om 17:00 (vir die graad 8 – 12 kompetisies) en voor/op Woensdag 30 Julie 2025 om 17:00 (vir die graad 6 & 7-kompetisie) aanlyn registreer. Volg die onderstaande registrasieprosedure:

8.1) Registreer by www.cumlaudemedia.com*. (Klik op die toepaslike kompetisie se “registreer hier” – blokkie.)

8.2) Deelnemers kan self registreer of onderwysers en ouers kan deelnemers registreer.

8.3) Indien die registrasie suksesvol was, sal die leerder ʼn bevestigende e-pos binne ʼn uur na registrasie, met inligting oor die wiskundekompetisie ontvang.

8.4) Die kompetisies vind plaas op:

  • Donderdag 24 Julie 2025: Graad 8 & 9, Graad 10, sowel as Graad 11 & 12
  • Donderdag 31 Julie 2025: Graad 6 & 7,
  • Tussen 15:00 en 20:30 (Spesifieke tye vir die kompetisies sal bevestig word.)
  • Klik op die skakel (wat per e-pos aan deelnemers gestuur word) om die toets af te lê.

8.5) Deelnemers wat suksesvol geregistreer is, sal toegang verkry tot ʼn oefenronde, wat uit 10 vrae bestaan, hê. Hierdie oefenronde is slegs om seker te maak deelnemers verstaan die stelsel en sodat enige aanlynprobleem vooraf uitgesorteer kan word.

9) Deelnemers beantwoord tydens die kompetisie 20 vrae. Deelnemers kry 60 minute om die vrae te beantwoord. Ons vra dat deelnemers die kompetisie onder eksamentoestande moet voltooi. GEEN aanlyn hulpmiddels (bv. vertalingsplatforms) mag gebruik word nie.

10) Deelnemers moet verseker dat hulle betroubare toegang tot die internet het, asook ʼn betroubare rekenaar, tablet of selfoon waarop hulle die kompetisie kan aflê.

11) Ouers/Voogde/Onderwysers moet verseker dat die uitdunronde onder behoorlike toesig (eksamentoestande) afgelê word. Geen sakrekenaars of aanlynrekenaars mag gebruik word nie. Slegs ʼn potlood en skoon papier (om berekeninge op te doen) is toelaatbaar.

12) Dit is deelnemers se verantwoordelikheid om seker te maak dat hul “firewalls” en sekuriteitstelsels nie die webwerf blokkeer nie. Deelnemers moet ook Chrome of Firefox as bedryfstelsel gebruik vir optimale funksionering van die webwerf.

13) Deelnemers kan die vraestel ook op tablette of selfone aflê.

14) Deelnemers se individuele tye, wat dit neem om die vraestel te voltooi, sal in ag geneem word. Verkeerde antwoorde sal negatief gemerk word. Indien daar meer as een leerder is wat tydens die uitdunronde/finale ronde 100% behaal het, sal die vinnigste tyd die volgende oorwegende faktor wees by die bepaling van die wenner. In die uitsonderlike geval waar punte en tye presies dieselfde is, sal die prysgeld gedeel word.

15) Weens verifikasie van punte sal geen punte direk na die kompetisie bekend gemaak word nie.

16) Maak asb. seker al die inligting is korrek by registrasie aangesien prysgeld vir provinsiale wenners ook toegeken word.

17) Daar is slegs een ronde in die kompetisie. Sien punt 8.4 vir die datums.

18)Die beoordelaars (insluitend die organiseerders) se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

19) Geen individuele terugvoer sal aan deelnemers gegee word nie. Algemene terugvoer kan wel aan die deelnemende skool gestuur word, maar is nie ʼn gegewe nie.

20) Die organiseerders behou hulle die reg voor om nie al die pryse toe te ken nie en hulle beslissing is finaal.

21) Media24/Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24/Cum Laude Media behou hom die reg voor om foto’s van die finaliste te publiseer (gedruk en/of aanlyn). Dit kan ook in toekomstige bemarkingsmateriaal gebruik word. Deelnemers/finaliste sal nie vergoeding daarvoor ontvang nie.

22) Prysgeld (Nasionale wenners): Let asb. wel: Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word.

  • Graad 6 & 7
  • 1ste plek: R10 000 (leerder)
  • 2de plek: R5 000 (leerder)
  • 3de plek: R3 000 (leerder)

 

  • Graad 8 & 9
  • 1ste plek: R15 000 (leerder)
  • 2de plek: R10 000 (leerder)
  • 3de plek: R5 000 (leerder)

 

  • Graad 10
  • 1ste plek: R18 000 (leerder)
  • 2de plek: R10 000 (leerder)
  • 3de plek: R5  000 (leerder)

 

  • Graad 11 & 12
  • 1ste plek: R18 000 (leerder)
  • 2de plek: R15 000 (leerder)
  • 3de plek: R10  000 (leerder)

23) Prysgeld (Provinsiale wenners): Let asb. wel: Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners, sal die leerder slegs die nasionale prysgeld ontvang. Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word.

  • Graad 6 & 7
  • 1ste plek: R2 500 (leerder)
  • 2de plek: R1 500 (leerder)
  • 3de plek: R1 000 (leerder)

 

  • Graad 8 & 9
  • 1ste plek: R3 000 (leerder)
  • 2de plek: R2 000 (leerder)
  • 3de plek: R1 500 (leerder)

 

  • Graad 10
  • 1ste plek: R3 500 (leerder)
  • 2de plek: R2 500 (leerder)
  • 3de plek: R1 500 (leerder)

 

  • Graad 11 & 12
  • 1ste plek: R5 000 (leerder)
  • 2de plek: R3 000 (leerder)
  • 3de plek: R2 000 (leerder)

24) SKOLE met die meeste inskrywing sal beloon word met:

Graad 6 & 7: R10 000

Graad 8 & 9: R10 000

Graad 10 – 12:  R10 000

25) Deelnemers wat hul aan oneerlike praktyk skuldig maak, se inskrywings sal outomaties gediskwalifiseer word. Individue sal voor die kompetisie aanlyn moet verklaar dat hul die vraestel op hulle eie (sonder enige hulp van medeleerders, ouers, onderwysers of enige iemand anders) voltooi het. Dit moet die leerder se EIE werk wees.

26) Deelnemers moet voorsiening maak vir die moontlikheid van beurtkrag tydens die kompetisie. Daar sal nie geleentheid wees om die kompetisie weer af te lê nie.

27) Geen personeellid van Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24/Cum Laude Media of van KnowBrainer Academy se gesinslede mag aan die kompetisie deelneem nie.

28) Die finaliste/wenners sal ook in Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24 & Cum Laude Media aangekondig word.

29) Die wenners moet bereid wees om in die openbaar en in media te verskyn teen geen vergoeding nie.

30) Wenners/Skole moet hulle fakture om prysgeld te eis binne ʼn maand (nadat die wenners bekendgemaak is) stuur anders kan prysgeld verbeur word.

31) Die organiseerders onderneem om die prysgeld binne ʼn redelike tyd aan die wenners te betaal. Neem kennis: Betalings kan tot twee maande neem.

32) Die organiseerders behou die reg voor om veranderinge aan die reëls en regulasies te maak. Deelnemers sal van enige veranderinge ingelig word.

Al die nuutste nuus en inligting sal op Cum Laude Media se Facebook-bladsy www.facebook.com/CumLaudeMedia webblad www.cumlaudemedia.com  gekommunikeer word. Stuur gerus direkte kommunikasie rondom die kompetisie na: wiskunde@cumlaudemedia.com

 

*Sekere antivirus programme kan die webwerf blokkeer. Skakel asb. die antivirus program tydelik af en gaan voeg die webadres by die lys van betroubare webwerwe (trusted sites). Skakel die antivirus daarna weer aan.

4 thoughts on “Reëls & Regulasies vir Wiskundekompetisie 2025

  1. Goeiedag.

    Wil graag weet is die skryf van die vraestel in skooltyd of het jy tyd na skool om dit te voltooi?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *