We did it!

We’ve succeeded in raising R1.3 million for Die Burger Christmas Fund!

[Afrikaans Press release]

Ons het dit gedoen!

Ná ses maande se harde werk en verskeie insamelingsprojekte is ons verheug om aan te kondig dat Die Burger-Kersfonds sy teiken van R1,3 miljoen gehaal het.

Ons is dankbaar vir ’n erf­lating uit die boedel van wyle E.H.T. Cluver wat R100 000 aan die Kersfonds bewillig het.

’n Groot dankie vir elke leser, individu, organisasie, skool en kerk wat vanjaar tot Die Bur­ger-Kersfonds bygedra het.

Elke bietjie het gehelp en ’n verskil gemaak.

Die Burger se lesers het weer eens gewys dat hul harte warm klop vir die kinders van ons land.

 

Foto: Dis mos ’n geleentheid om ’n glasie te klink en fees te vier! Rikus van Rooy (koördineerder van Die Burger-Kersfonds), Bun Booyens (redakteur) en Azelia Morkel (bemarkingsbestuurder van Die Burger) in vrolike luim nadat aangekondig is dat die Kersfonds se teiken gehaal is. Agter spring Armand Ferreira, Caleb Bruiners, Melany Zonke, Davriano Frazer, Joel Maekiso en Karla Gerber, wat vandeesweek in Die Burger-strandhuis tuisgegaan het. Fotograaf: Edrea du Toit

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *