Woon vanjaar vir die eerste keer Die Burger/Cum Laude Media se Herfsskool by! Dit word op 31 Maart en 1 April by Hoërskool Brackenfell aangebied (slegs vir graad 12’s). Indien daar ʼn groot genoeg vraag vir graad 11-klasse is, sal die moontlikheid daarvan ondersoek word. Graad 11’s word wel tydens die Winter- en Lenteskole geakkommodeer.
Die onderrigmedium vir alle vakke is Afrikaans. Die vakke word per dag aangebied. Die onderrigtyd is ses uur per dag en klasse sal daagliks om 8:30 begin en om 16:00 eindig. Die volgende leerareas (vakke) en leerinhoude sal (onder meer) tydens die Herfsskool.
Wiskunde Gr.12 Kom verfris al jou graad 11-werk betyds vir die Junie-eksamen. Grafieke, trig en nog vele meer!
Fisiese Wetenskappe Gr.12 Organiese molekule, Momentum en impuls, Vertikale projektielbeweging in een dimensie, Die Doppler-effek
Laai die inskrywingsvorm by www.cumlaudemedia.com/downloads af. Voltooi dit sommer dadelik en faks (of e-pos) dit aan ons terug. Betaal die kursusgeld in by Standard Bank, Rekeningnommer 272724963. Begin asb. die deposito-verwysing met Skool gevolg deur jou naam en van.
Faks (of e-pos) die inskrywingsvorm en die depositostrokie vir ons na (f) 086 720 3989 of e-pos: rentia@cumlaudemedia.com. Kontak ons gerus by 079 550 6339 om te bevestig dat ons beide vorms ontvang het.