Reëls en regulasies vir 2023 se Wiskundekompetsie

REËLS EN REGULASIES: WISKUNDEKOMPETISIE 2023

1) Enige leerder wat gedurende 2023 in graad 6 of 7 is, kan aan die Wiskundekompetisie vir laerskoolleerders 2023 deelneem.

2) Vir die hoërskoolkompetisie kan enige leerder wat gedurende 2023 in graad 8, 9, 10, 11 of 12 is, deelneem.

3) Deelname is gratis.

4) Die vraestelle sal slegs in Afrikaans wees.

5) Leerders in publieke en private skole (in enige provinsie van Suid-Afrika) mag deelneem. Geen tuisskole of wiskundesentrums se leerders kan vir die kompetisie inskryf nie.

6) Daar sal drie kompetisies wees en vir elke kompetisie verskillende vraestelle:  een vir laerskoolleerders (gr 6 & 7) en een vir graad 8 & 9’s asook een vir graad 10, 11 & 12’s.

7) Die kompetisie bestaan uit een ronde wat aanlyn (tuis) afgelê word.

8) Leerders en/of wiskunde-onderwysers moet deelnemers voor/op Woensdag 19 Julie 2023 om 12:00 (vir die graad 6 & 7-kompetisie) en voor/op Woensdag 26 Julie 2023 om 12:00 (vir die graad 8 & 9-kompetisie sowel as die graad 10, 11 & 12-kompetisie) aanlyn registreer. Volg die onderstaande registrasieprosedure:

8.1) Registreer by www.cumlaudemedia.com*. (Klik op die toepaslike kompetisie se inskrywingsblokkie.)

8.2) Deelnemers kan self registreer of onderwysers en ouers kan deelnemers registreer.

8.3) Indien die registrasie suksesvol was, sal die leerder ʼn bevestigende e-pos binne ʼn uur na registrasie, met inligting oor die wiskundekompetisie ontvang.

8.4) Die kompetisie vind plaas op:

  • Donderdag 20 Julie 2023: Graad 6 & 7
  • Donderdag 27 Julie 2023: Graad 8 & 9, sowel as Graad 10 – 12.
  • Tussen 15:00 en 17:30 (Spesifieke tye vir die kompetisies sal bevestig word.)
  • Klik op die skakel (wat per e-pos aan deelnemers gestuur word) om die toets af te lê.

8.5) Deelnemers wat suksesvol geregistreer is, sal toegang verkry tot ʼn oefenronde, wat uit 10 vrae bestaan, hê. Hierdie oefenronde is slegs om seker te maak deelnemers verstaan die stelsel en sodat enige aanlynprobleem vooraf uitgesorteer kan word.

9) Deelnemers beantwoord tydens die kompetisie 20 vrae. Deelnemers kry 60 minute om die vrae te beantwoord. Ons vra dat deelnemers die kompetisie onder eksamentoestande moet voltooi.

10) Deelnemers moet verseker dat hulle betroubare toegang tot die internet het, asook ʼn betroubare rekenaar, tablet of selfoon waarop hulle die toets kan aflê.

11) Ouers/Voogde/Onderwysers moet verseker dat die uitdunronde onder behoorlike toesig (eksamentoestande) afgelê word. Geen sakrekenaars of aanlynrekenaars mag gebruik word nie. Slegs ʼn potlood en skoon papier (om berekeninge op te doen) is toelaatbaar.

12) Dit is deelnemers se verantwoordelikheid om seker te maak dat hul “firewalls” en sekuriteitstelsels nie die webwerf blokkeer nie. Deelnemers moet ook Chrome of Firefox as bedryfstelsel gebruik vir optimale funksionering van die webwerf.

13) Deelnemers kan die vraestel ook op tablette of selfone aflê.

14) Deelnemers se individuele tye wat dit neem om die vraestel te voltooi, sal in ag geneem word. Verkeerde antwoorde sal negatief gemerk word. Indien daar meer as een leerder is wat tydens die uitdunronde/finale ronde 100% behaal het, sal die vinnigste tyd die volgende oorwegende faktor wees by die bepaling van die wenner.

15) Weens verifikasie van punte sal geen punte direk na die kompetisie bekend gemaak word nie.

16) Maak asb. seker al die inligting is korrek by registrasie aangesien prysgeld vir provinsiale wenners ook toegeken word.

17) Daar is slegs een ronde in vanjaar se kompetisie. Sien punt 8.4 vir die datums.

18)Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

19) Geen individuele terugvoer sal aan deelnemers gegee word nie. Algemene terugvoer kan wel aan die deelnemende skool gestuur word.

20) Die organiseerders behou hulle die reg voor om nie al die pryse toe te ken nie en hulle beslissing is finaal.

21) Media24/Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24/Cum Laude Media behou hom die reg voor om foto’s van die finaliste te publiseer (gedruk of aanlyn). Dit kan ook in toekomstige bemarkingsmateriaal gebruik word. Deelnemers/finaliste sal nie vergoeding daarvoor ontvang nie.

22) Prysgeld (Nasionale wenners): Let asb. wel: Indien van die plekke gedeel word, sal die bedrag gelykop gedeel word.

  • Graad 6 & 7
  • 1ste plek: R 15 000 (leerder)
  • 2de plek: R10 000 (leerder)
  • 3de plek: R5 000 (leerder)
  • Graad 8 & 9
  • 1ste plek: R 18 000 (leerder)
  • 2de plek: R13 000 (leerder)
  • 3de plek: R8 000 (leerder)
  • Graad 10 – 12
  • 1ste plek: R 20 000 (leerder)
  • 2de plek: R15 000 (leerder)
  • 3de plek: R10  000 (leerder)

23) Prysgeld (Provinsiale wenners): Let asb. wel: Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners, sal die leerder slegs die nasionale prysgeld ontvang.

  • Graad 6 & 7
  • 1ste plek: R3 000 (leerder)
  • 2de plek: R2 000 (leerder)
  • 3de plek: R1 000 (leerder)
  • Graad 8 & 9
  • 1ste plek: R4 000 (leerder)
  • 2de plek: R2 500 (leerder)
  • 3de plek: R1 500 (leerder)
  • Graad 10 – 12
  • 1ste plek: R5 000 (leerder)
  • 2de plek: R3 000 (leerder)
  • 3de plek: R2 000 (leerder)

24) SKOLE met die meeste inskrywing sal beloon word met:

Graad 6 & 7: R10 000

Graad 8 & 9: R10 000

Graad 10 – 12:  R10 000

25) Deelnemers wat hul aan oneerlike praktyk skuldig maak, se inskrywings sal outomaties gediskwalifiseer word. Individue sal voor die kompetisie aanlyn moet verklaar dat hul die vraestel op hulle eie (sonder enige hulp van medeleerders, ouers, onderwysers of enige iemand anders) voltooi het. Dit moet die leerder se EIE werk wees.

26) Deelnemers moet voorsiening maak vir die moontlikheid van beurtkrag tydens die kompetisie. Daar sal nie geleentheid wees om die kompetisie weer af te lê nie.

27) Geen personeellid van Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24/Cum Laude Media of van KnowBrainer Academy se gesinslede mag aan die kompetisie deelneem nie.

28) Die finaliste/wenners sal ook in Die Burger/Beeld/Volksblad/Netwerk24 & Cum Laude Media aangekondig word.

29) Die wenners moet bereid wees om in die openbaar en in media te verskyn teen geen vergoeding nie.

30) Wenners/Skole moet hulle fakture om prysgeld te eis binne ʼn maand nadat die wenners bekendgemaak is, instuur anders kan prysgeld verbeur word.

31) Die organiseerders onderneem om die prysgeld binne ʼn redelike tyd aan die wenners te betaal. Neem kennis: Betalings kan tot twee maande neem.

32) Die organiseerders behou die reg voor om veranderinge aan die reëls en regulasies te maak. Deelnemers sal van enige veranderinge ingelig word.

Al die nuutste nuus en inligting sal op Cum Laude Media se Facebook-bladsy www.facebook.com/CumLaudeMedia webblad www.cumlaudemedia.com  gekommunikeer word. Stuur gerus direkte kommunikasie rondom die kompetisie na: wiskunde@cumlaudemedia.com

*Sekere antivirus programme kan die webwerf blokkeer. Skakel asb. die antivirus program tydelik af en gaan voeg die webadres by die lys van betroubare webwerwe (trusted sites). Skakel die antivirus daarna weer aan.

39 thoughts on “Reëls en regulasies vir 2023 se Wiskundekompetsie

  1. Goeie dag
    Watse wiskunde sal dit wees.
    Is dit wiskunde of wiskunde geletterdheid.
    Hoop om van julle te hoor.
    Groete

    1. Die vraestelle is slegs in Afrikaans. Enige leerder wat Afrikaans verstaan, kan deelbneem.

  2. “Geen tuisskole of wiskundesentrums se leerders kan vir die kompetisie inskryf nie.” – Mag ons inskryf as my kind SAM (Seriously Addictive Mathematics) doen 1 x per week 30 minute?

    1. Hallo Adele
      Indien jou kind steeds Wiskunde by sy/haar skool neem, kan hulle inskryf. Wiskundesentrums mag net nie hulle leerders “inskryf” nie aangesien skole met die meeste inskrywings ook prysgeld ontvang.

    1. Hy/sy is welkom om in te skryf, maar sal die vraestel baie uitdagend vind. Ons wil juis ‘n liefde vir Wiskunde kweek en nie onnodig leerders “afskrik” nie.
      Indien julle wel besluit om in te skryf laat weet ons asb per e-pos daarvan by wiskunde@cumlaudemedia.com aangesien die leerder nie kan kwalifiseer vir enige pryse nie. Dit kan wel lekker blootstelling vir ‘n syferslim-leerder wees.

    1. Hallo Miemie
      Hulle sal kan deelneem, maar ongelukkig nie vir enige pryse kan kwalifiseer nie.

  3. Wanneer ontvang mens punte vir die probleerslae. Ons het nou al 3 voltooi en nog geen punte ontvang nie?

  4. is die vraestel vir graad 10-12 dieselfde? En word graad 12’s dan nie baie bevoordeel bo bv graad 10’s nie?

    1. Hallo André
      Die vrae is meer in “olimpiade” formaat, en ons het al in die verlede graad 11’s gehad wat ook pryse wen. Die vraestel is van so aard om eerder ‘n liefde vir Wiskunde te kweek.

  5. Mag leerders wat tuisonderrig doen deur Breinlyn deelneem? En mag n Graad 5 leerder aan graad 6 kompetisie deelneem?

    1. Hallo Arisca
      Hulle kan deelneem, maar sal ongelukkig nie vir pryse kan kwalifiseer nie.

  6. Goeiedag

    Is daar al spesifieke tyd beskikbaar vir die kompetisie môre? Of enige tyd (Solank dit 60 minute is) tussen 15h00 en 17h30?

    Vriendelike groete
    Anli

    1. Hallo Anli
      Ja, deelnemers kan enigetyd tussen 15H00 en 17h30 aanmeld om die kompetisie te voltooi. Deelnemers se 60 minute begin eers wanneer hulle aanmeld. Neem kennis dat die vraestel teen 17H30 afsny. Om van die volle 60 minute gebruik te maak, moet die deelnemer op die laatste @16h30 begin.

  7. Hallo as die skool se naam verkeerdelik onder registrasie gekies is, hoe kan ons dit regstel?

  8. Hi daar my seun het nou die oefenlopie gedoen, hoe werk die puntetelling want ek verstaan nie sy punt nie

    1. Die puntetelling werk as volg:
      5 punte vir elke korrekte antwoord
      -2 vir verkeerde antwoorde
      0 vir geen antwoord

    1. Hallo Yolande
      Ons behoort die uitslae binne die volgende twee/drie weke bekend te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *