SKOLENUUS: Inskrywings nou oop 2023

Het jou skool ’n skoolkoerant? Of dit nou digitaal is of gedruk word, ons is op soek na die beste skoolkoerante in Suid-Afrika! En soos altyd kan die wenners met HOPE prysgeld wegstap. Netwerk24, in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, bied vanjaar weer die gewilde Skolenuuskompetisie aan.

 

NEEM KENNIS:

  • INSKRYWINGS moet Cum Laude Media teen 15 September om 17:00 bereik. Klik hier om die kriteria te sien waarvolgens jy bepunt gaan word.
  • Laai die INSKRYWINGSVORM 2023 af (klik op die skakel).
  • Klik hier vir die BEPALINGS EN VOORWAARDES met die reëls en regulasies.
  • Die VRYWARINGSVORM-20223 moet ook saam met die inskrywing ingestuur word (klik op skakel).
  • Alle inskrywings moet in Afrikaans wees.
  • Enige vrae? E-pos ons by skolenuus@cumlaudemedia.com.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 September 2023 om 17:00.
  • Die datum vir die prysuitdeling sal so gou moontlik bekendgemaak word.

Inskrywings word ontvang vir kopie en inhoud wat tussen 31 Augustus 2022 en 31 Augustus 2023 gepubliseer of geskep is.

Hieronder al die kategorieë waarvolgens koerante/inskrywings beoordeel sal word.

 

KATEGORIE 1: GEDRUKTE SKOOLKOERANTE

1a. Beste gedrukte skoolkoerant
Prysgeld: R25 000 vir die skool

1b. Beste uitleg van ‘n gedrukte skoolkoerant
Prysgeld: R5 000 vir die skool

KATEGORIE 2: SKOLENUUS

2a. Beste nuusberig
Prysgeld: R5 000 vir die leerling

2b. Beste onderhoud
Prysgeld: R5 000 vir die leerling

2c. Beste feature/indiepte-artikel
Prysgeld: R5 000 vir die leerling

2d. Beste sportberig
Prysgeld: R5 000 vir die leerling

2e. Beste nuusfoto
Prysgeld: R5 000 vir die leerling

2f. Beste feature-foto
Prysgeld: R5 000 vir die leerling

2g. Beste spotprent
Prysgeld: R5 000 vir die leerling

KATEGORIE 3: DIGITALE SKOLENUUS

3a. Beste digitale skoolkoerant (webtuiste)
Prysgeld: R30 000 vir die skool

3b. Beste Facebook-blad
Prysgeld: R10 000 vir die skool

3c. Beste gebruik van video
Prysgeld: R10 000 vir die skool

3d. Beste Instagram-blad
Prysgeld: R10 000 vir die skool

3e. Beste TikTok-blad
Prysgeld: R10 000 vir die skool

KATEGORIE 4: INNOVASIE: Nuusbriewe

Beste gebruik van digitale nuusbriewe (e-pos of digitale verspreiding – pdf) om skolenuusinhoud aan die gemeenskap te versprei. Skole moet ‘n minimum van drie nuusbriewe inskryf.

Prysgeld: R10 000 vir die skool; naaswenner: R5 000

One thought on “SKOLENUUS: Inskrywings nou oop 2023

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *