Belangrike reëlings vir uitdunronde Vrydag 5 Mei

Hiermee die finale reëlings vir Vrydag se kompetisie:
1) Maak asb. seker dat al die leerders wat u geregistreer en ingeskryf het ʼn bevestigende e-pos ontvang het. Laat weet ons onmiddellik by wiskunde@cumlaudemedia.com indien daar leerders is wat nie ʼn bevestigende e-pos ontvang het nie.
2) Die kompetisie vind plaas op 5 Mei om 14:30 – 15:30. Leerders moet die skakel (dieselfde skakel soos hieronder by no. 6 gegee) en wagwoord wat per e-pos gestuur is, gebruik om aan te meld.
3) Geen leerder/skool kan op ʼn ander dag en/of tyd die kompetisie aflê nie.
4) Die leerders het 60 minute om die vrae te beantwoord. Verkeerde antwoorde word negatief gemerk.
5) Maak asb. seker die skool het stabiele internettoegang tydens die kompetisie. Die Burgeren organiseerders kan nie verantwoordelik gehou word indien die internet nie werk of as ʼn kragonderbreking in u area plaasvind nie.
6) Indien u skool se netwerk sekere webwerwe blok maak asb. seker dat u skool toegang het tot hierdie skakel http://olympiad.memberbase.net/ Leerders gaan hierdie skakel moet intik en daarop aanmeld met hulle geregistreerde e-posadres en wagwoord.
7) Dit is die skool se verantwoordelikheid om te verseker dat die kompetisie onder eksamentoestande afgelê word. GEEN sakrekenaars word toegelaat nie.
8) Leerders gaan voor hulle begin die volgende kompetisiereëls moet deurlees en aanlyn aanvaar voor die kompetisie begin:
KOMPETISIEREëLS
8.1) Ek is in die hoërskool (graad 8, 9, 10, 11 of graad 12).
8.2) Die vraestel bestaan uit 25 vrae. Ek moet elke vraag beantwoord voordat ek kan aan beweeg na die volgende vraag. Daar is 60 minute om die vraestel te voltooi.
8.3) Vir elke korrekte antwoord kry ek 2 punte. Vir elke verkeerde antwoord word 1 punt afgetrek.
8.4) Ek gaan nie ʼn sakrekenaar (of ’n sakrekenaar in enige vorm) gebruik nie.
8.5) Ek gebruik slegs skoon A4-papier vir my eie berekeninge.
8.6) Ek erken dat dit my eie werk is en niemand my gehelp het om die vrae te beantwoord nie.
9) Elke leerder wat die kompetisie (binne die toegelate tyd) voltooi, sal ʼn sertifikaat (elektronies) van deelname ontvang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *