Groot prysgeld te wen in Die Burger Wiskunde-kompetise 2017

Wiskunde as vak is van kritieke belang– vir elke leerling se loopbaan en ook vir ons land in sy geheel. Goeie wiskundepunte is immers ’n vereiste is om in rigtings soos ingenieurswese en rekenaar-programmering te studeer. Ons land het meer ingenieurs en programmeerders dringend nodig.

 

Gevolglik het Die Burger besluit om ter uitbreiding van sy jaarlikse Wiskundeprojek vanjaar vir die eerste keer ’n Wiskunde-kompetisie aan te bied vir skole in sy lesersgebied (m.a.w. Wes-en Oos-Kaapse skole). Die goeie nuus is dat daar geen inskrywingsfooi gevra word nie! Ja, daar is nog iets wat gratis is!

 

Skole word aangemoedig om hulle belowende graad 8-12 Wiskundeleerders in te skryf vir hierdie geleentheid waartydens leerders en skole met baie wengeld kan wegstap! Neem kennis dat alle leerders dieselfde vraestel gaan skryf en die vraestelle slegs in Afrikaans gaan wees. Leerders wat deelneem moet Afrikaans kan verstaan, maar hoef nie Afrikaans Huistaal as vak te neem nie.

 

Ons maak dinge maklike deur die administratiewe las van skole te verlig. Onderwysers moet net aanlyn registreer en daarna die leerders wat graag sal wil deelneem. Die eerste (uitdunronde) word by die skool op die rekenaar/tablet afgelê. Al wat ons vra, is dat die Wiskunde onderwyser op 5 Mei 2017 vir ʼn uur sal toesig hou terwyl leerders die vraestel aanlyn voltooi.

 

Hoe werk dit? Volg net dié maklike stappe:
1) Die wiskunde-onderwyser/vakhoof moet aanlyn registreer by cumlaudemedia.com. Registrasie open Vrydag 24 Maart.
2) Hierna registreer die wiskunde-onderwyser al die leerders wat wil deelneem. Die registrasieproses sluit 26 April. Vir registrasiedoeleindes benodig die wiskunde onderwyser die leerder se e-posadres asook die leerder se graad.
3) Die onderwyser bevestig elke leerder se deelname.
4) Elke leerder sal ʼn e-pos met ʼn wagwoord ontvang asook inligting oor die wiskunde-kompetisie en die skakel
en datum vir die uitdunronde.
5) Op 5 Mei sal die skakel aktief wees. Leerders klik dan op die skakel wat vroeër per e-pos aan hulle gestuur is.
6) Leerders beantwoord 25 vrae. Hulle kry 60 minute om die vrae te beantwoord. Ons vra dat ʼn personeellid van die skool toesig hou (eksamentoestande geld) vir die duur van die kompetisie. Geen sakrekenaars word tydens die duur van die kompetisie toegelaat nie. ʼn Potlood en papier vir berekeninge word wel toegelaat. Onthou: Leerders neem ook teen tyd deel.

 

Die finale ronde word op Saterdag 5 Augustus te Curro Durbanville gehou. ʼn Beperkte aantal leerders sal na die finaal genooi word. Elke finalis kry R1 000 as aanmoedigingsprys.

 

Leerders (en skole!) kan wegstap met ongelooflike prysgeld!
Eerste plek: R20 000 (en R20 000 vir die skool)
Tweede plek: R15 000 (en R15 000 vir die skool)
Derde plek: R10 000 (en R10 000 vir die skool)

 

Hierdie is ʼn geleentheid wat geen Wiskundeleerder kan misloop nie! Skryf gerus syferslimwiskundeleerders in.

 

Vir meer inligting besoek www.cumlaudemedia.com, stuur ʼn e-pos na wiskunde@cumlaudemedia.com of besoek ons facebook-bladsy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *