GOEIE NUUS! Die datum vir vanjaar se eerste rondte van Die Burger, Beeld en Volksblad se Wiskundekompetisie, in samewerking met Netwerk24, word gefinaliseer:
Dagboek solank VRYDAG 20 JULIE om 14:30.
Onderwysers sal vanaf Junie die geleentheid hê om nog leerders vir die kompetisie te registreer. Ons sal volledige inligting, met die nuwe skakel en prosedure, dan deurgee.
Onthou: die finale waar die Top20-leerders van elke provinsie meeding om die top prys, vind steeds op Saterdag, 28 Julie plaas.
Finaliste van Die Burger se lesersgebied sal die eindronde deur Curro Durbanville (Wes-Kaap) aflê, finaliste van Beeld by Hoërskool Florida (Gauteng) en Volksblad se finaliste by Hoërskool Sentraal (Vrystaat).
Hierdie finaliste sal op Maandag 23 Julie in kennis gestel word. Elke finalis wat op die dag van die finale deelneem, sal ‘n R1 000 aanmoedigingprys ontvang. Die koste om deur die finale te kom en deel te neem, is egter die leerder se eie.
Ons waardeer elke skool se ondersteuning en geduld. Ons verseker dat ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat hierdie ronde seepglad verloop.
Kontak ons gerus vir enige verdere navrae by wiskunde@cumlaudemedia.com