Top 3 wenners in Wiskundekompetisie aangekondig

Meer as 1 800 grade 10, 11 en 12 wiskundeleerders het vanjaar geregistreer vir die grootste Afrikaanse aanlyn-wiskundekompetisie wat ons land nog gesien het. Die uitdunronde het aanlyn op Vrydag 20 Julie plaasgevind, waarna die Top 60 finaliste, wat bestaan ​​uit die Top 20 finaliste van die Kaap, Gauteng en Vrystaat, deurgedring het na die finale.

Die Top 60-finaliste in Die Burger , Beeld en Volksblad se Wiskundekompetisie, in samewerking met Netwerk24, het Saterdag, 28 Julie om die titel en groot prysgeld van R20 000 vir die wenner en R20 000 vir sy skool, meegeding.

Die finale is gehou deur Curro Durbanville (Wes-Kaap), Hoërskool Sentraal (Vrystaat) en Hoërskool Florida (Gauteng).

Ralph McDougall , ‘n graad 12 leerder van Curro Durbanville, is die algehele wenner van vanjaar se nasionale wiskundekompetisie. Hy stap weg met R20 000 prysgeld vir hom en sy skool. Adri Wessels , ‘n graad 11 leerder, is die naaswenner en wen R15 000 vir hom en R15 000 vir sy skool Curro Durbanville. Du Toit Spies , ook ‘n graad 12 leerder, neem die derde plek en wen R10 000 vir hom en R10 000 vir sy skool Parelvallei Hoërskool.

Andi Qu , ‘n graad 10 leerder van St John’s College, is die beste leerder in die Gautengstreek en Driaan-Lou Kemp van Jim Fouche Hoërskool is die beste leerder in die Vrystaatstreek.Hulle ontvang albei R5 000 prysgeld as algehele wenner in die onderskeie streke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *