Ralph MacDougall (18), het uitgeblink in die matriekeindeksamen en het 100% behaal in Wiskunde. Hy was ook in 2018 die wenner van Die Burger/Volksblad/Beeld Wiskundekompetisie (in samewerking met Netwerk24 en Cum Laude Media). Aangesien hy die wenner was, het hy (en sy skool) weggestap met R20 000 elk! In 2017 het McDougall derde in die Wiskundekompetsie van Die Burger geëindig. Daardie jaar het hy R10 000 in sy sak gesteek. Lees die volledige berig hier: https://www.netwerk24.com/Nuus/Matriek/Top-presteerders/slimkop-in-wiskunde-klop-selfs-studente-20190103
Koos Kombuis se seun, Simon du Toit (18), het verlede jaar asook in 2017 aan die Wiskundekompetsies deelgeneem en beide kere deurgedring na die finale rondes. Lees die volledige berig oom Du Toit se prestasies hier: https://www.netwerk24.com/Nuus/Matriek/koos-kombuis-se-seun-behaal-agt-onderskeidings-20190104-2
Op die foto (bo) ontvang McDougall sy prys tydens ‘n swierige prysuitdeling by die Cape Grace Hotel, Kaapstad. By hom staan Willem Jordaan (redakteur: Die Burger) en Henriette Loubser (redakteur: Netwerk24).